48 Die tempelmusikante se familielede, wat ook Leviete was, is aangestel om verskeie ander take by die heilige plek, die huis van God, te verrig.
49 Slegs Aäron en sy seuns het egter as priesters opgetree. Net hulle kon diere by die altaar offer waar diere verbrand is en by die altaar waar wierook gebrand is. Hulle het ook die take verrig wat met die Allerheiligste deel van die tempel te doen gehad het. Hulle het die verhouding tussen Israel en God herstel volgens al die reëls wat Moses, God se werker, gemaak het.
50 Die nageslag van Aäron was Eleasar, Pinehas, Abisua,
51 Bukki, Ussi, Seragja,
52 Merajot, Amarja, Agitub,
53 Sadok en Agimaäs.
54 Hier is ’n verslag van die dorpe en gebiede wat volgens die lot aangewys is vir die nageslag van Aäron, uit die Kehatgroep.