55 Hulle het Hebron in Juda gekry, met die weivelde rondom die dorp,
56 maar die landerye en oop veld in die omgewing is aan Kaleb, Jefunne se seun, gegee.
57 Die volgende dorpe met hulle weivelde is aan Aäron se nageslag gegee: die asielstad Hebron, wat reeds genoem is, en Libna, Jattir, Estemoa,
58 Golon, Debir,
59 Asan, Jutta en Bet-Semes,
60 asook Gibeon, Geba, Alemet en Anatot, met hulle weivelde in die Benjamingebied.Hulle het altesaam dertien stede vir Aäron se nageslag ontvang.
61 Vir die res van Kehat se nageslag het hulle met die lot tien stede in die gebied van die halwe Manassestam aangewys.