65 Die stede in die stamgebiede van Juda, Simeon en Benjamin, wat reeds genoem is, is ook met die lot aangewys.
66 Vir Kehat se nageslag is stede in die stamgebied van Efraim aangewys.
67 Hulle het die volgende stede saam met hulle weivelde gekry: Sigem, ’n asielstad in die Efraimberge, asook Geser,
68 Jokmeam, Bet-Goron,
69 Ajalon en Gat-Rimmon.
70 Die res van Kehat se nageslag het Aner en Jibleam, met hulle weivelde, gekry. Dit was in die stamgebied van die halwe Manassestam.
71 Vir Gerson se nageslag is stede in vier stamgebiede aangewys: in die stamgebied van die halwe Manassestam, Golan in Basan en Astarot, albei met hulle weivelde;