11 Elkeen was ’n familiehoof en hulle was dapper soldate. Uit hulle nageslag was daar 17 200 wat vir militêre diens opgeroep kon word.
12 Suppim en Guppim was Ir se seuns en Gussim was Ager s’n.
13 Naftali se seuns was Jagseël, Guni, Jeser en Sillem. Hulle was afstammelinge van Bilha.
14 Manasse se kinders by sy Aramese houvrou was Asriël en Makir, Gilead se pa.
15 Makir is met ’n vrou uit Guppim en Suppim getroud en sy suster was Maäka. Een van sy afstammelinge was Selofgad, maar hy het net dogters gehad.
16 Makir se vrou Maäka was Peres se ma. Peres se broer was Seres. Seres se seuns was Ulam en Rekem.
17 Ulam se seun was Bedan. Dit was die nageslag van Gilead, die seun van Makir, die seun van Manasse.