16 Makir se vrou Maäka was Peres se ma. Peres se broer was Seres. Seres se seuns was Ulam en Rekem.
17 Ulam se seun was Bedan. Dit was die nageslag van Gilead, die seun van Makir, die seun van Manasse.
18 Gilead se suster Moleket was Ishod, Abiëser en Magla se ma.
19 Semida se seuns was Agjan, Sekem, Likgi en Aniam.
20 Efraim se seun was Sutelag, sy seun Bered, sy seun Tagat, sy seun Elada, sy seun Tagat,
21 sy seun Sabad en sy seun Sutelag. Hy het nog twee seuns, Eser en Elad, gehad. Hulle is egter doodgemaak toe hulle van die oorspronklike inwoners van Gat se vee probeer steel het.
22 Efraim het lank oor die twee getreur, totdat sy broers hom kom troos het.