20 Efraim se seun was Sutelag, sy seun Bered, sy seun Tagat, sy seun Elada, sy seun Tagat,
21 sy seun Sabad en sy seun Sutelag. Hy het nog twee seuns, Eser en Elad, gehad. Hulle is egter doodgemaak toe hulle van die oorspronklike inwoners van Gat se vee probeer steel het.
22 Efraim het lank oor die twee getreur, totdat sy broers hom kom troos het.
23 Daarna het hy en sy vrou weer ’n seun gehad. Hy het hom Beria genoem, omdat hy gebore is in ’n tyd toe teëspoed hulle huis getref het.
24 Efraim se dogter, Seëra, het die dorpe Bet-Goron-Onder, Bet-Goron-Bo en Ussen-Seëra gebou.
25 Beria se seuns was Refag en Resef. Resef se seun was Telag en sy seun Tagan.
26 Sy seun was Ladan, sy seun Ammihud, sy seun Elisama,