22 Efraim het lank oor die twee getreur, totdat sy broers hom kom troos het.
23 Daarna het hy en sy vrou weer ’n seun gehad. Hy het hom Beria genoem, omdat hy gebore is in ’n tyd toe teëspoed hulle huis getref het.
24 Efraim se dogter, Seëra, het die dorpe Bet-Goron-Onder, Bet-Goron-Bo en Ussen-Seëra gebou.
25 Beria se seuns was Refag en Resef. Resef se seun was Telag en sy seun Tagan.
26 Sy seun was Ladan, sy seun Ammihud, sy seun Elisama,
27 sy seun Nun en sy seun Josua.
28 Efraim se nageslag het ’n gebied bewoon wat Bet-El in die suide, Naära in die ooste, Geser in die weste, Sigem in die noorde, tot by Aja, elkeen met hulle dorpies, ingesluit het.