3 Ussi se seun was Seragja en Seragja se seuns was Migael, Obadja, Joël en Jissija. Al vyf van hulle was familiehoofde.
4 Hulle was verantwoordelik vir gevegskompanies met ’n totaal van 36 000 soldate, want hulle het baie vroue en kinders gehad.
5 Hulle stamgenote in die res van die Issaskarstam was 87 000 soldate, wat almal geregistreer was.
6 Benjamin het drie seuns gehad: Bela, Beker en Jediael.
7 Bela se vyf seuns was Esbon, Ussi, Ussiël, Jerimot en Iri. Elkeen was ’n familiehoof en hulle was dapper soldate. Uit hulle nageslag is 22 034 soldate geregistreer.
8 Beker se seuns was Semira, Joas, Eliëser, Eljoënai, Omri, Jeremot, Abia, Anatot en Alemet.
9 Elkeen was ’n familiehoof en hulle was dapper soldate. Uit hulle nageslag is 20 200 soldate geregistreer.