6 Benjamin het drie seuns gehad: Bela, Beker en Jediael.
7 Bela se vyf seuns was Esbon, Ussi, Ussiël, Jerimot en Iri. Elkeen was ’n familiehoof en hulle was dapper soldate. Uit hulle nageslag is 22 034 soldate geregistreer.
8 Beker se seuns was Semira, Joas, Eliëser, Eljoënai, Omri, Jeremot, Abia, Anatot en Alemet.
9 Elkeen was ’n familiehoof en hulle was dapper soldate. Uit hulle nageslag is 20 200 soldate geregistreer.
10 Jediael se seun was Bilhan en sy seuns Jeüs, Benjamin, Ehud, Kenaäna, Setan, Tarsis en Agisagar.
11 Elkeen was ’n familiehoof en hulle was dapper soldate. Uit hulle nageslag was daar 17 200 wat vir militêre diens opgeroep kon word.
12 Suppim en Guppim was Ir se seuns en Gussim was Ager s’n.