3 Die mense wat in Jerusalem gaan bly het, was Judeërs, Benjaminiete, Efraimiete en Manassers.
4 Die Judeërs was: Utai, seun van Ammihud, seun van Omri, seun van Imri, seun van Bani; hy was ’n seun van Peres, die seun van Juda.
5 Uit die mense van Silo was daar Asaja, die oudste seun, en sy seuns.
6 Uit Serag se afstammelinge was daar Jeüel en sy stamgenote.Hulle was altesaam 690.
7 Die Benjaminiete was: Sallu, seun van Mesullam, seun van Hodauja, seun van Senua,
8 en Jibneja seun van Jerogam, Ela seun van Ussi, seun van Mikri, en Mesullam, seun van Sefatja, seun van Reüel, seun van Jibnija.
9 Saam met die res van hulle uitgebreide familie was hulle 956. Al hierdie manne was familiehoofde in hulle familie.