32 Van hulle kollegas uit die Kehatfamilie moes elke sabbat die offerbrood gereedmaak.
33 Daar was ook musiekleiers, almal hoofde van Levitiese families, wat in kamers by die tempel gebly het. Hulle was vrygestel van ander take, want hulle was voltyds besig met hulle verantwoordelikhede.
34 Al die mense het in Jerusalem gewoon. Hulle was hoofde van Levitiese families en leiers op grond van hulle afkoms.
35 Jeïel, die stigter van Gibeon, het in Gibeon gewoon. Sy vrou was Maäka.
36 Hulle oudste seun was Abdon en die ander was Sur, Kis, Baäl, Ner, Nadab,
37 Gedor, Agjo, Seker en Miklot.
38 Miklot was Sima se pa.Hulle het naby hulle stamgenote in Jerusalem gewoon.