10 Hierdie spul verpletter hulpeloses se lewe.Hulle beheer almal wat hulle in hulle mag kry.
11 Hulle sê vir hulleself: “God het vergeet wat ons doen. Hy sien dit nie raak nie. Hy steur Hom nie daaraan nie!”
12 Gryp in, Here! God, wys dat U die sterkste is.Moenie mense wat sleg behandel word, vergeet nie!
13 Die goddeloses het geen respek vir U nie.Hulle dink: “God gaan ons nie laat rekenskap doen van al ons slegte dade nie!”
14 Maar U sien mos wat hulle doen. U sien hoe mense te na gekom word.Almal wat deur hulle te kort gedoen word, kom vertel dit vir U.Daardie arme mense wat so swaarkry, gee hulle hartseer in u hande oor.U help mense wie se regte vertrap word. U help mense wat nie ’n pa het nie.
15 Bring ’n einde aan die magspel van die mense wat aanhou om slegte dinge te doen, Here! Moenie dat een verkeerde daad van hulle ongestraf bly nie.
16 Die Here regeer oor die hemel en die aarde vir altyd.Omdat Hy al die mag het, kan die volke nie in hierdie land aanhou bly nie.