1 Beskerm my, o God, want ek kom kruip by U weg.U pas my op.
2 Ek het vir die Here gesê: U alleen is my Heer.U is die heel belangrikste in my lewe.Ek is deel van ’n skare mense wat U dien en eer. Ek is bly as ek tussen hulle is.
3 Maar daardie mense wat dooie gode dien se hartseer word by die dag net groter.
4 Sulke afgode, hoe mooi hulle ook al mag lyk, sal ek nooit dien nie.Ek sal selfs nie eens hulle name noem nie.
5 Alles wat die Here vir my doen, maak my vol vreugde. Hy is die grootste geskenk wat ek nog ooit gekry het. U sorg vir my, Here.
6 U het die mooiste dinge in die lewe vir my gegee.Ek kan nie uitgepraat raak oor al die wonderlike dinge nie.Dit maak my baie gelukkig. Ek bly in ’n mooi land.
7 Ek sal die Here prys.Ek wil sy Naam grootmaak omdat Hy my hand vat en my op die regte pad lei.Selfs as ek slaap, weet ek Hy is by my.
8 Daar is nie ’n oomblik van die dag dat ek nie aan die Here dink nie.Hy is die belangrikste in my lewe.Hy is altyd by my.
9 By Hom is ek veilig; Hy hou my op die regte pad.Ek is baie bly;my blydskap hou nooit op nie.U sal nie toelaat dat die dood my onkant betrap nie.
10 Die dood kan niemand wat U liefhet uit u hand wegruk nie. Ek sal nie in die graf beland nie.
11 U sal my leer om reg te lewe.Daar is niks wat iemand groter blydskap kan gee as om saam met U te wees nie.U gee altyd vir u kinders die heel beste.Hulle kry die heel mooiste wat die lewe aanbied by U.