1 Ek bid ernstig tot U, Here. U beskerm my.Moenie stilbly en my laat voel of ek teen die dak vasbid nie.As U my nie help nie, sal ek so goed soos dood wees.
2 Help my tog as ek by U pleit.Ek het u hulp dringend nodig.Ek lig my hande op na U in u woonplek.
3 Moet my nie laat doodgaan saam met mense wat nie in U glo nie. Hulle doen verkeerde dinge.Hulle is skynheilig. Hulle praat mooi woordjies, maar agteraf dink hulle slegte goed uit.
4 Straf hulle vir die slegte dinge wat hulle aanvang.Laat hulle boet. Betaal hulle met gelyke munt terug vir wat hulle doen.
5 Want hulle sien nie raak wat die Here alles op aarde doen nie. Daarom sal Hy slegte mense se lewe verpletter. Hulle steur hulle nie aan wat Hy doen nie.
6 Kom prys die Here, want Hy het my gehelp toe ek na Hom geroep het.
7 Die Here gee my krag. Hy beskerm my.Ek het op Hom vertrou en Hy het my gehelp.Daarom is ek baie bly.Ek sal ’n lied sing om Hom te prys.
8 Die Here gee sy kinders krag.Hy beskerm en help leiers wat Hom vra om by hulle te wees.
9 Help u kinders, Here.Laat hulle wat aan U behoort, genoeg hê om van te leef.Sorg vir hulle soos ’n herder vir sy skape omgee. Tel hulle op en dra hulle elke dag.