2 Hoe lank gaan U my nog alleen los, Here?Gaan U my aanmekaar bly vergeet?As U my nie help nie, voel dit of my swaarkry ’n ewigheid lank aanhou.Hoe lank gaan U niks aan my krisis doen nie?
3 Hoe lank moet ek myself uit hierdie moeilikheid probeer kry?Ek is moeg daarvoor om aanmekaar bekommerd te wees.Hoe lank gaan my vyande my nog teen die planke vasdruk?
4 Gee tog aandag en antwoord my, Here my God;maak my weer gelukkig.Anders is daar geen ander uitweg vir my as die dood nie.
5 Moenie dat hulle wat niks van my hou nie, sê: “Ek het hom op sy plek gesit!” nie.My vyande sal bly wees as ek dood neerslaan.
6 Maar ek het op u getroue liefde staatgemaak.In my binneste borrel dit van vreugde omdat U my uit my moeilikheid help.Ek sal die Here se Naam met vreugde grootmaak omdat Hy so goed is vir my!