2 Red tog, Here, want daar is nie enige gelowiges oor nie.Hulle wat U gedien het, het tussen neus en oë verdwyn.Daar is niemand op wie ek kan vertrou nie.
3 Mense lieg en bedrieg mekaar.Met mooi woorde is die een besig om die ander om die bos te lei en te bedrieg.
4 Ek wens die Here wil alle vleiery en grootpratery laat verdwyn.Daar is mense wat sê:
5 “Ons kan enigiemand ’n gat in die kop praat.Met die mond kry ons alles reg. Ons is baas oor almal.”Die Here het genoeg daarvan gehad.