10 Dit was of die hemel oopbars toe die Here kom. Hy het op donker stormwolke geloop.
11 Ja, asof Hy sweef op die wind, het Hy op ’n magtige hemelwese aangevlieg gekom.
12 ’n Mens kon die Here nie sien nie, want dit was donker om Hom.Donker wolke en waters het Hom toegevou.
13 Dit was of ’n helder lig voor Hom uitgestraal het.Voor die glans uit het wolke met hael en weerligstrale getrek.
14 Met ’n harde stem het die Here uit die hemel gepraat, hael en weerligstrale het gevlieg. Ek het die stem van die Allerhoogste gehoor.
15 Toe die weerligstrale soos pyle tussen die mense begin slaan, het dit die vyand in alle rigtings laat spaander. Hy het hulle op ’n hoop gejaag.
16 Ja, Here, as U op mense skree, is dit nie speletjies nie.Dit is soos ’n orkaan wat alles uitmekaarruk. Jy sien die see se bodem en die aarde se fondamente.