36 U self beskerm my en red my waar ek U nodig kry.U het moeite gedoen en my gehelp. U was baie goed vir my.Ek was ’n oorwinnaar.
37 Ek het selfversekerd gedoen wat ek gedoen het. Ek het nie getwyfel nie.
38 My vyande kon nie wegkom nie. Ek het nie opgehou tot ek die laaste een oorwin het nie.
39 Ek het hulle platgeloop.Hulle sou nie sommer weer opstaan nie. Hulle het onder my voete beland.
40 Maar ek kon dit net doen omdat U my die krag gegee het. U het my vyande voor my laat kniel.
41 Dis eintlik U wat my vyande vir my oorwin. U het gesorg dat hulle weghardloop.So kon ek die mense wat nie van my hou nie se mag heeltemal breek.
42 Hulle smeek iemand om hulle te help, maar daar is niemand nie.Nou skielik vra hulle die Here om te help, maar Hy steur Hom nie aan hulle nie.