45 As hulle net van my hoor, luister hulle al! Vreemde mense kom bewend nader.Hulle probeer nie eens teen my veg nie.
46 Hulle gooi sommer dadelik die handdoek in. Hulle gee dadelik oor.
47 Die Here leef! Ek wil vir die Here baie dankie sê omdat Hy my so beskerm.Ek wil sy Naam grootmaak omdat Hy my gered het.
48 Hy help my om my vyande op hulle plek te sit. Hy onderwerp volke aan my mag.
49 Hy red my van my vyande. Hulle kan niks aan my doen nie. Ek troon bo elkeen van hulle uit.Mense wat gewelddadig is, kan niks doen nie omdat U my van hulle red.
50 Daarom wil ek U loof en dankie sê voor al die nasies, o Here.Ek wil liedere sing om u Naam groot te maak en U te eer.
51 Die Here help sy koning. Hy maak hom ’n ware oorwinnaar.Hy is baie goed vir die koning wat Hy aangestel het.Hy is goed vir Dawid en al sy kinders, vir altyd en altyd.