1 Waarom maak slegte mense in die geheim planne teen die Here?Waarom dink hulle allerhande dinge uit wat tog niks help nie?
2 Wêreldleiers probeer belangrik lyk. Hulle probeer saamspan teen die Here en teen die koning wat Hy spesiaal gekies het. Hierdie mense beplan en sê:
3 “Laat ons in opstand teen hulle kom en ons vrymaak van hulle.”
4 Maar God, daar in die hemel, lag lekker vir hulle.Die Here skeer gek met hulle.