2 Wêreldleiers probeer belangrik lyk. Hulle probeer saamspan teen die Here en teen die koning wat Hy spesiaal gekies het. Hierdie mense beplan en sê:
3 “Laat ons in opstand teen hulle kom en ons vrymaak van hulle.”
4 Maar God, daar in die hemel, lag lekker vir hulle.Die Here skeer gek met hulle.
5 Dit maak die Here kwaad en Hy bly nie stil nie.Sy woorde laat hulle bewe van skrik:
6 “Ek self het hom as koning aangestel op die heilige berg in Jerusalem.”
7 Laat ek julle vertel wat die Here vir my gesê het:“Jy is my seun. Van hierdie dag af is Ek jou Vader.
8 Jy moet net vra, en Ek sal jou die heerser oor baie mense, ja, oor die hele wêreld maak.