20 U moet my tog nie alleen los nie, Here!U alleen gee my krag.Kom help my baie gou!
21 Keer asseblief sodat ek nie doodgaan nie.Ek het net een lewe.Moenie dat daardie wrede klomp honde dit van my af wegvat nie.
22 Red my uit die kloue van daardie leeus wat my wil opeet.Hulle is so gevaarlik soos ’n gewonde buffel.
23 U het my uit my nood gered!In die kerk sal ek tussen u kinders daaroor praat. Voor die gemeente sal ek U loof en prys. Ek sal U voor almal prys.
24 Julle wat aan Hom behoort, kom bring eer aan Hom! Kinders van die Here, kom wys dat julle vir Hom respek het!
25 Kom prys Hom, want Hy draai nie sy rug vir hulle wat sy hulp nodig het nie.Hy help hulle as hulle smeek dat Hy iets aan hulle nood moet doen. Hy luister as hulle na Hom roep.
26 Daar waar baie mense bymekaarkom, sal ek ’n loflied oor die Here sing.Almal moet dit hoor.Wat ek aan Hom belowe het, sal ek nakom.Ek sal dit doen voor almal wat Hom dien.