29 Die Here is die sterkste van almal. Hy heers oor al die volke hier op aarde.
30 Selfs ryk mense wat dink dat hulle Hom nie nodig het nie, sal kom en die goeie dinge geniet wat Hy gee.Hulle sal kom om Hom te dien en te eer.Alle mense sal voor Hom kniel.
31 Mense sal vir hulle kinders van die Here vertel.So sal die nageslagte van Hom weet.Hulle sal opgewonde wees om in Hom te glo.
32 Almal sal bymekaarkom en oor die Here se goeie dade met hulle kinders praat.Dit is net die Here wat mense red.