3 My God, ek roep U heeltyd; ek hou nie op met bid nie, heeldag en heelnag lank, maar van U is daar geen teken nie. U is doodstil.
4 U is die Een wat baie belangrik en groot is.U kinders het groot respek vir U.U is waar hulle U loof.
5 Ons oupas en oumas het op U vertrou.Hulle het U vertrou en U het hulle nie in die steek gelaat nie. U het hulle gehelp.
6 Hulle het tot U gebid. Toe bevry U hulle.Op U het hulle vertrou en U het hulle nie teleurgestel nie.
7 Maar ek voel nie meer soos ’n mens nie.Ek is soos ’n wurm tussen ’n klomp stinkende dooies.Mense trek die neus op en sien op my neer. Hulle spot my.
8 Elkeen wat my sien, lag my uit;hulle trek gesigte, steek vir my tong uit en skud die kop.
9 Dan sê hulle: “Siestog, die Here moet die arme drommel maar help. Hy sal hom miskien uit sy moeilikheid help, want Hy hou mos van hom.”