7 Maar ek voel nie meer soos ’n mens nie.Ek is soos ’n wurm tussen ’n klomp stinkende dooies.Mense trek die neus op en sien op my neer. Hulle spot my.
8 Elkeen wat my sien, lag my uit;hulle trek gesigte, steek vir my tong uit en skud die kop.
9 Dan sê hulle: “Siestog, die Here moet die arme drommel maar help. Hy sal hom miskien uit sy moeilikheid help, want Hy hou mos van hom.”
10 Here, U gee al lankal vir my om, van my geboorte af.Ek was doodtevrede en gelukkig toe my ma my aan haar bors laat drink het.
11 Reeds van die begin van my lewe af behoort ek aan U. U is my God van my geboorte af. U sorg vir my.
12 Moet my ook nou nie alleen los nie, Here, want probleme oorstroom my hele lewe.U voel so ver van my af terwyl ek hier in die nood sit.Daar is niemand om my te help nie.
13 Die mense wat my dood wil hê, is so gevaarlik soos wilde diere.Van alle kante af sak hulle op my toe. Hulle is soos ’n trop beeste wat op my afstorm.