5 Die Here beskerm my die dag as slegte dinge op my afkom; Hy bewaar my teen gevaar;Hy help my uit die moeilikheid. Hy laat my by Hom wegkruip.Nou kan ek weer my kop optel.Die Here maak my ’n wenner.
6 Daarom wil ek Hom aanbid en vir Hom dankie sê deur liedere te sing saam metverskillende musiekinstrumente.Ek sal liedere sing om die Here te eer. Ek sal vir Hom offers bring.Mense wat niks van my hou nie, sal kyk hoe ek my kop optel en die Here prys.
7 Here, ek bid ernstig tot U. Ek roep na U.Wees goed vir my. Help my. Hoor my gebed en antwoord my.
8 Ek sê elke dag vir myself: Jy moet die Here dien. Soek na sy teenwoordigheid. Daarom aanbid ek U, Here.
9 Moet tog nie maak of U my nie hoor nie.Moenie my wegjaag omdat U vir my kwaad is nie.U het my in die verlede gehelp.Stoot my nie weg van U af nie. Los my nie alleen nie. U is die God wat my red.
10 Selfs al wil my pa en ma niks met my te doen hê nie,sal die Here self vir my sorg.
11 Here, vat my hand. Lei my op ’n pad waar daar nie slaggate is nie.Wys my hoe om reg te lewe.Moenie dat hulle wat niks van my hou oor my seëvier nie. Pas my op. Lei my.