1 Eer God, eer Hom, elkeen wat bo in die hemel is.Kyk net hoe belangrik is Hy; kyk na sy krag en maak Hom groot.
2 Vertel vir almal hoe belangrik Hy is.Val dan self in aanbidding neer in sy oorweldigende teenwoordigheid.
3 ’n Mens ervaar die teenwoordigheid van die grote God bo die geruis van die magtige see. Sy stem is soos die donder wat daar slaan. Hy heers oor alle magte.
4 As Hy praat, gebeur dit net so ... Wie kan dan teëpraat?Dis die Koning wat daar praat!
5 As die Here praat, is dit soos weerlig wat bome van bo tot onder oopkloof;
6 ja, as Hy praat, laat die dreuning die grootste berge soos jong bokkies rondhuppel.
7 As Hy iets sê, is dit soos die weerlig wat slaan.