4 As Hy praat, gebeur dit net so ... Wie kan dan teëpraat?Dis die Koning wat daar praat!
5 As die Here praat, is dit soos weerlig wat bome van bo tot onder oopkloof;
6 ja, as Hy praat, laat die dreuning die grootste berge soos jong bokkies rondhuppel.
7 As Hy iets sê, is dit soos die weerlig wat slaan.
8 Sy stem laat die verste woestyne bewe.
9 As Hy praat, skud die groot bome. Sy stem stroop die bosse kaal.In sy oorweldigende teenwoordigheid kan ’n mens net uitroep: “Alle eer behoort aan God alleen!”
10 Die Here regeer oor die geruis van die magtige see, want Hy is koning oor alles.