2 Here, kyk net hoe baie mense rebelleer teen my. Hulle word net meer en meer. ’n Klomp van hulle wil my aan die keel gryp.
3 Hulle lag my uit en sê: “God kan hom tog nie help nie!”
4 Maar, Here, U beskerm my van alle kante teen hulle.Hulle sal my nie in die grond in trap nie.U help my om nie die handdoek in te gooi nie.
5 Ek roep so hard as wat ek kan tot die Here.Hy hoor my as ek bid. En Hy antwoord my.