3 Here, my God, ek het gebid dat U my moet help.Toe het U my gesond gemaak.
4 Here, U het my uit die dood teruggeruk na die lewe toe.Ek het nie doodgegaan nie. U het my weer lewendig gemaak.
5 Sing lofliedere om die Here se Naam groot te maak.Julle almal wat Hom dien, prys sy Naam!Dink met respek na oor alles wat Hy doen.Hy is heeltemal anders as mense.
6 As Hy kwaad word, is dit net vir ’n paar sekondes. Maar Hy is lewenslank goed vir ons. Kyk maar: ons het deur die nag gehuil. Maar vanmôre lag ons van vreugde. Dis net die Here wat so iets laat gebeur.
7 Toe dit nog met my goed gegaan het, het ek maklik gepraat.Ek het gesê: “Niks sal ooit met my verkeerd loop nie.”
8 U was vir my goed en U het my beskerm, Here. Maar toe het U van my af weggekyk.Eers was daar net ’n doodse stilte van u kant af.Ek het gebewe, so bang was ek.
9 Ek het ernstig tot U gebid, Here. Ek het gevra dat U tog weer vir my sal goed wees.