2 Here, by U kruip ek weg!Moet my tog nooit in die steek laat nie.Vat my moeilikheid weg van my. U is goed vir almal wat op U vertrou.
3 Hoor as ek roep!Dra my veilig deur my krisis!Bewaar my as ek vra dat U my moet help.Hou my styf vas in u hand. Ek kruip by U weg.
4 By U skuil ek, en U beskerm my.Omdat u Naam op die spel is, sal U my op die regte pad hou.
5 U sal my red uit die kloue van my vyande.U pas my veilig op as ek na U toe kom.
6 Here, my God, ek stel my lewe in u hand.U, Here, is die God wat getrou is om my te verlos.
7 Daar is baie mense wat dooie gode aanbid.Daardie gode beteken niks nie.Met sulke mense wil ek niks te doen hê nie.Maar aan die Here sal ek elke dag getrou bly.
8 Ek is opgewonde oor u liefde, want U het my nie alleen gelos toe ek swaargekry het nie. In my nood het U my gehelp. Want U het raakgesien toe ek in die moeilikheid was.