3 Kom sing ’n lied met splinternuwe woorde! Juig oor Hom.Eer Hom! Sing en maak musiek uit julle hart uit!
4 Die Here verdien lof, want Hy doen altyd wat Hy sê.Jy kan Hom vertrou, want Hy is betroubaar.
5 Hy hou van mense wat reg lewe.Oral kan mense die Here se groot liefde raaksien.
6 Deur net ’n woord te sê het die Here die blou hemelkoepel gemaak.Al die sterre, planete, mane en sonne het deur sy krag ontstaan.
7 Toe het Hy al die watermassas van die see bymekaargemaak en op een plek bymekaargesit. Hy gaar al die waters op.
8 Daarom moet alles en almal vir Hom respek hê.Elkeen in die wêreld moet eerbied vir God hê.
9 As Hy praat, gebeur groot dinge.Hy gee net ’n bevel, dan verander sy woorde in dade.