12 As ek vir hulle goed is, betaal hulle my terug met slegte dinge. Hulle wil my om elke hoek en draai bykom.
13 Toe hulle siek was, was ek hartseer oor hulle lyding. Ek kon selfs nie eet nie. Ek het gevas.Die hele tyd het ek sonder ophou vir hulle gebid.
14 Ek het hulle behandel soos my beste vriend, soos my broer.Ek het oor hulle gehuil soos ’n mens oor jou ma treur wanneer sy doodgaan. Ek was krom van hartseer.
15 Noudat probleme my skielik onderkry, is daardie selfde klomp baie bly. Hulle span saam teen my.Almal van hulle het lekker oor my geskinder. Hulle het my verskriklik beledig. Hulle kry nie end nie.
16 Toe ek struikel, het hulle daaroor gelag. Hulle gee niks vir my om nie. Hulle dreig my.
17 Here, hoe lank gaan U nog toelaat dat daardie mense my laat swaarkry?Red my kosbare lewe uit die kloue van daardie spul.Hulle is soos ’n klomp honger leeus wat hulle prooi wil opeet.
18 Dan sal ek U prys as al u kinders weer saam is!Tussen die menigte gelowiges sal ek U loof!