20 Hulle wil nie in vrede met my leef nie. Hulle vertel lelike dinge oor my.
21 Hulle beskuldig my van goed wat ek nooit gesê of gedoen het nie.
22 Here, U weet tog wat regtig gebeur het!Moenie die saak net so laat nie! Moenie my alleen los nie, Here!
23 Kom verdedig my. Kom op vir my, Here.U is tog my God. Help my.
24 U tree altyd reg op, Here, my God. Tree ook nou regverdig teenoor my op.Moenie dat hulle dit geniet as ek swaarkry nie.
25 Daardie klomp moenie onder mekaar sê: “Goed so, presies net wat ons wou hê, het met hom gebeur” nie.Hulle moenie spog en sê: “Ons het hom tot ’n val gebring” nie.
26 Laat almal wat bly is oor my probleme, tweede kom.Laat hulle self in die ellende beland. Laat hulle skaam en verleë staan.