4 Gee dat al die rampe wat vir my beplan is, hulle tref.Laat hulle skaam kry oor wat hulle aanvang. Laat die mense wat wil hê ek moet val, terugsteier. Laat hulle rooi word van skaamte.
5 U is so sterk, u engel kan hulle van die aarde afvee. Hulle sal soos kaf in die wind verdwyn wanneer U die dag ingryp.
6 Daar moet vir hulle geen toekoms wees nie. Agtervolg hulle deur u engele.
7 Slegte mense wil my sonder rede tot ’n val bring.Ek het niks aan hulle gedoen nie, maar hulle wil my vernietig.
8 Laat ’n ramp hulle skielik tref sonder dat hulle mooi weet wat aan die gang is. Laat die rampe wat hulle vir ander mense beplan, oor hulle kom. Laat hulle self in die gat val wat hulle vir my gegrawe het.
9 Ek is baie bly oor wat die Here doen. Ek sal opgewonde jubel omdat Hy my lewe red.
10 Alles in my sal uitroep: “Daar is niemand soos die Here nie!Dis net U wat mense wat swak is in hulle nood red.U bevry hulle van mense wat baie sterker is as hulle.U help swak mense uit die kloue van ’n klomp diewe.”