1 Moenie jou energie mors om heeltyd oor slegte mense te praat nie.Moenie loop en kla dat hulle loskom met hulle skelmstreke nie. Moenie op hulle jaloers wees nie.
2 Hulle verdwyn sommer op ’n dag.Vandag is hulle daar; môre is hulle weg.
3 Glo liewer in die Here.Doen goeie dinge vir ander mense. Doen wat jy moet doen, en bly getrou aan die Here.
4 Wees elke oomblik bly dat jy die Here ken. Hy sal sorg dat jy kry wat jy wil hê.