19 Wanneer almal rondom hulle swaarkry, sal hulle genoeg hê om van te leef. As ander honger ly, sal hulle genoeg hê om hulle versadig te eet.
20 Maar die Here se vyande sal in rook en vlamme vergaan. Mense wat sonder God leef, sal tot niet gaan.
21 Mense wat sonder God leef, leen geld by ander, maar betaal dit nooit terug nie.Goeie mense kry ander mense jammer en help hulle.
22 Mense met wie die Here tevrede is, sal eendag alles op die aarde besit.Maar mense vir wie die Here sy rug keer, sal ondergaan. Hulle sal uitgeroei word.
23 Die Here bepaal wat in die lewe van mense gebeur met wie se optrede Hy tevrede is.Hy laat dit goed gaan met hulle.
24 As hulle op die grond neerslaan, bly hulle nie lê nie.Die Here kom buk by hulle en tel hulle weer op.
25 Ek is nou al oud, maar ek het nog nie gesien dat mense wat reg voor God leef ooit alleen is nie.Nêrens staan gelowiges op straathoeke en bedel nie.Hulle kinders gaan slaap nooit honger nie.