2 Hulle verdwyn sommer op ’n dag.Vandag is hulle daar; môre is hulle weg.
3 Glo liewer in die Here.Doen goeie dinge vir ander mense. Doen wat jy moet doen, en bly getrou aan die Here.
4 Wees elke oomblik bly dat jy die Here ken. Hy sal sorg dat jy kry wat jy wil hê.
5 Stel jou lewe elke dag in die Here se hand. Vertrou op Hom. Hy sal vir jou sorg.
6 Hy sal jou op die regte pad hou.Die Here sal vir almal wys dat jy reg leef.
7 Buig laag voor die Here. Wag op Hom sonder om veel te sê.Hou op om jou so om te krap oor hoe goed dit met skelms gaan.
8 Moenie kwaad word oor alles wat hulle doen nie.Op die ou end bring dit net vir jou moeilikheid.