2 Here, moet tog nie aanhou om my te straf as U kwaad is nie.Moet my nie in u woede seermaak nie.
3 U het my onderstebo geloop. Ek ly verskriklik.
4 Ek is baie siek omdat U vir my kwaad was.Die verkeerde dinge wat ek gedoen het, laat my gesondheid ingee.
5 My sondes word te veel vir my.Ek kan hierdie las nie meer dra nie. Dis te swaar vir my.
6 My siekte maak dat ek ander mense van my af wegstoot.Dit het gebeur omdat ek dom dinge aangevang het.
7 Ek kan nie eens meer regop staan nie.My liggaam is skeef en krom. Heeldag loop ek en huil. Ek treur.