4 Ek is baie siek omdat U vir my kwaad was.Die verkeerde dinge wat ek gedoen het, laat my gesondheid ingee.
5 My sondes word te veel vir my.Ek kan hierdie las nie meer dra nie. Dis te swaar vir my.
6 My siekte maak dat ek ander mense van my af wegstoot.Dit het gebeur omdat ek dom dinge aangevang het.
7 Ek kan nie eens meer regop staan nie.My liggaam is skeef en krom. Heeldag loop ek en huil. Ek treur.
8 My lyf bewe van die koors. Daar is nie meer ’n plek op my lyf wat gesond is nie.
9 My krag is op! Ek is platgeslaan.My liggaam ruk soos my hart van ontsteltenis klop. Ek skree van die pyn.
10 Here, U weet wat ek graag wil hê!Wat ek van U afsmeek, is geen geheim nie.