2 God wat my red, help my asseblief wanneer ek by U hulp kom vra!U sorg altyd vir my. U het in die verlede uitkoms gee.In ’n krisis het U ’n sagte hart.Wees asseblief goed vir my. Luister na my gebed.
3 Julle slegte spul, hoe lank gaan julle my naam nog deur die modder sleep?Hoe lank gaan julle oneerlik wees en aanhou lieg? Maak oop julle oë!
4 Besef dat die Here baie omgee en wonders doen vir mense wat agter Hom aanloop.Hy help my wanneer ek by Hom hulp kom vra.
5 Wanneer jy kwaad word, moenie dan verkeerde dinge doen nie.Gaan lê op jou bed en dink wat jy gedoen het. Word rustig! Bly stil.
6 Dien die Here met oorgawe! Vertrou op Hom.