5 Wanneer jy kwaad word, moenie dan verkeerde dinge doen nie.Gaan lê op jou bed en dink wat jy gedoen het. Word rustig! Bly stil.
6 Dien die Here met oorgawe! Vertrou op Hom.
7 Jy het al baie mense hoor sê: “Wanneer sal dit weer met ons goed gaan?”Help tog, Here! Kyk na ons kant toe.
8 Daar is niks wat my blyer maak as wanneer U my help nie.Ek is blyer daaroor as wat ander bly word oor miljoene rande, oorsese reise of blink motors.
9 As ek in die aand bed toe gaan, kan ek sonder bekommernis aan die slaap raak.En ek raak dadelik aan die slaap, want by U voel ek veilig. U alleen beskerm my.