14 Here, red my, asseblief. Help my gou, Here!
15 Daar is mense wat my wil doodmaak.Laat hulle skaam kry oor wat hulle doen. Verneder hulle.Laat almal weghardloop wat bly is oor my swaarkry.
16 Hulle moet self voel hoe dit is om in die skande te kom.Hulle lag my mos uit en maak ’n gek van my. Laat hulle stom staan.
17 Almal wat naby U leef, moet opgewonde en bly wees. Laat mense wat weet dat U red, elke dag sê: “Daar is niemand groter as God nie!”
18 Ek is in die moeilikheid. Niemand help my nie. Ek het hulp nodig.Die Here sal my nie vergeet nie. U sal my help. U sal my red.My God, moet asseblief nie langer wag nie!