6 Here, my God, U het wonderlike dinge gedoen.U gee vir ons om. U is heeltemal anders as mense. Daar is niemand soos U nie.Ek het nie genoeg woorde om alles op te noem wat U gedoen het nie.Dit is te veel vir woorde.
7 U stel nie daarin belang dat mense geskenke of offers na U toe bring nie. U vra net gehoorsaamheid aan U.
8 Daarom het ek besluit: ek gaan doen wat U wil hê.Dit is alles tog in u Woord neergeskryf.
9 My God, ek wil baie graag doen wat U gelukkig maak.Daarom is u wil deel van my lewe.
10 Wanneer u kinders bymekaar is, vertel ek vir hulle hoe regverdig U optree.Here, ek kan nie daaroor stilbly nie. U weet dit.
11 Ek praat dag en nag oor die goeie dinge wat U doen. Ek steek dit nie weg nie.Ek vertel dat U getrou is en mense vrymaak. Ek bly nie stil oor wat U doen as die gemeente bymekaarkom nie.
12 Here, ek weet U sal nie ophou om my met u liefde toe te vou nie.Pas my altyd op. Wees lief vir my.