2 Soos ’n bokkie in die woestyn wat dors is vir water, so het ek ’n vurige verlange om by U te wees, God!Net soos ’n bokkie sonder water doodgaan, gaan ek dood as ek nie by U is nie.
3 Ek wil heeltyd net by U wees. God, U gee lewe.Ek leef net vir daardie oomblikke wanneer ek u Naam kan grootmaak tussen al u kinders.
4 Al wat ek op die oomblik doen, is huil. My hele lewe is een groot stuk hartseer.Alles binne-in my skeur wanneer slegte mense vir my sê: “Nou waar is jou God dan? Hoekom help Hy jou nie?”
5 Met verlange dink ek terug aan die ou dae.Toe het ek die leiding geneem in die eredienste en feesgeleenthede.In die dienste het ek voorgegaan in gebed. Ek het leiding gegee wanneer ons saamsing. By lofprysings was ek die voorsanger.Ons het almal saam feesgevier om U te prys.Ek het voor hulle uitgestap na u woonplek toe.
6 Ek sê vir myself: Moenie nou moedeloos word nie. Moenie twyfel nie. Waarom so hartseer? Vertrou net op God.Ek gaan Hom loof, al kry ek baie swaar.Dit is Hy wat my uit my swaarkry red.Ek sal weer vir Hom ’n loflied sing.