2 Die pragtigste woorde vloei oor my lippe.Ek lees my gedigte vir die koning.My tong is soos die pen van ’n goeie skrywer.
3 U, o koning, staan uit tussen alle mense.Almal sien u mooi voorkoms raak.As u praat, kan ’n mens altyd luister.God is altyd baie goed vir u.
4 Maak u reg vir die oorlog, dapper vegter.U is so sterk, magtig en belangrik.
5 Ry uit as oorwinnaar. U veg mos vir wat waar is.Om armes te help en reg op te tree lê u na aan die hart.Ja, u doen magtige dinge.
6 U tref die kol keer op keer; u vyande het nie ’n kans nie.
7 U goddelike koninkryk sal vir altyd daar wees.U regeer regverdig.