3 Daarom skrik ons vir niks nie.Al sou die aarde bewe en dit lyk of die berge in die see wil wegsak, ons is nie bang nie.
4 Al druis en skuim die see, en al skud dit die berge heen en weer.
5 Die vloei van ’n waterstroom bring vreugde in die Godstad.God self bly daar.
6 Daarom sal niks slegs dit kan tref nie.Voor hulp nog nodig is, het God reeds gehelp.
7 Mense is verskrik en sterk regerings bewe.Maar God hoef maar net te praat, dan verkrummel alles letterlik voor Hom.
8 Die Here, vir wie niks onmoontlik is nie, is by ons. Hy is ons groot Bevelvoerder.Die God van Jakob sal ons self beskerm.
9 Kom kyk wat die Here alles op die aarde doen. Dit is verstommend.