2 Groot is die Here! Hoe geweldig baie beteken Hy nie vir ons nie!Ons wil Hom maar net loof, hier in sy stad op die berg.
3 Hoog teen die berg lê die stad. Dit maak almal op aarde sommer bly.Dit is die stad in die noorde. Daar bly die groot Heerser oor alles.
4 Die stad het sterk mure, maar God is eintlik die Een wat dit regtig beskerm.
5 ’n Klomp konings het kragte teen die stad saamgespan, hulle het bymekaargekom om die stad aan te val.
6 Toe hulle die stad sien, het hulle so groot geskrik dat hulle so vinnig weggehardloop het as wat hulle kon.
7 Hulle was so bang soos ’n vrou net voor sy haar baba in die wêreld bring;