8 ja, net soos mense op skepe wat magteloos in ’n vernietigende storm vernietig word.
9 Ons het hierdie dinge eers gehoor, maar nou het ons dit met ons eie oë gesien.Dit het alles hier in die stad van ons Here, die groot Bevelvoerder, gebeur.Dit is die stad van ons God, wat Hy onbeweeglik vas laat staan, vir altyd.
10 As ons hier in u huis sit, dink ons gedurig aan hoe goed en lojaal U teenoor ons is, o God.
11 Oral in die wêreld weet mense van U, o God.Hulle praat met groot lof van U, want U help op ’n regverdige wyse mense uit hulle nood.
12 Al die mense by u huis moet oorloop van blydskap. Die mense in die omgewing moet opgewonde wees, want U het gedoen wat U besluit het.
13 Loop rondom Jerusalem en bewonder al die pragtige torings
14 en die mooi muur.Kyk net hoe sterk lyk die stad. Dan sal julle vir julle kinders daarvan kan vertel.