2 Hoor tog wat ek sê, Here!Luister hoe ek my hart teenoor U leegmaak. Ek kreun.
3 Red my as ek om hulp kom smeek. U is my God, die Een wat my lewe beheer.Daarom bid ek tot U.
4 U sal hoor as ek soggens vroeg met U praat, Here.Soggens sal ek my hart oopmaak en wag op u antwoord.
5 Here, U hou niks van slegte dinge nie.Daarom sal iemand wat kwaad doen, nooit by U tuis voel nie.
6 Hulle wat dink hulle is beter as ander, sal ongemaklik by U wees.U hou niks van mense wat lelike dinge aan ander doen nie.